“….maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.” [1 Kor 13:12]
Oral heen in Suid-Afrika is daar reeds kerke en organisasies, soos Kings & Queens, wat besig is om saam te staan en aan die beste maniere te dink hoe om kinders in nood, in ons/hulle gemeenskappe te help. Ongeag die ooglopende verskille, stem ons almal tog saam dat kinders erge uitdagings in die oog staar. Uitdagings wat hulle alleen deur en saam met Jesus, in die vorm van liefdevolle, kwalitieit dissipelskap/leierskap, kan aanpak.
Is ons almal se doel nie maar om hierdie kinders van ons (biologies of nie) te WYS en te help hoe om deur die lewe te kom deur ‘n pad saam met Jesus te stap nie? Om hulle te help besef dat Jesus lief is vir hulle, PRESIES soos hy of sy geskape is? Ongeag met ‘n storie of nie?
Staan daar tog nie geskrywe dat ons, onsself eers moet liefhê, soos dan ook ander nie?
Liefde kom in alle vorms en dade.
‘n Paar gewillige arms, ‘n stille gebed of ‘n doodgewone saam wees in eerbieding van die Here in Sy huis?