“God, give me fresh eyes today – ones that can see what is possible….”
God wys ‘n kiekie
Gedurende Augustus het direkteur Heleen Pieterse die oggend opgestaan en in haar geestesoog die beeld van ‘n man gesien. Die man het vir haar bekend gevoel.
Met tyd en gespreksvoeringe, het sy tot die besef gekom dat hierdie man, aan haar gewys, aan dieselfde kerk as sy behoort. Sy het rondgevra en sy nommer bekom maar eers nie daarop gereageer nie. Sy was onseker oor presies wat hierdie visie rondom hierdie man sou kon beteken.
God gee ‘n naam
Heleen het volhard in haar geloof en bly glo die Here wil hê dat sy met hierdie man in kontak moet kom.
Op haar gebedslys was, soos gewoonlik, die soeke na grond vir Kings & Queens en Sy leiding wat benodig word. Die woord “Elohim” het telkemale in haar gees opgekom. Na vele pogings om te probeer verstaan wat, hoe en of hierdie visies met mekaar verband hou, het sy uitgevind dat “Elohim” inderdaad ‘n plaas in die Paarl omgewing is.
God gebruik ander
Weke daarna vertel sy mense van haar visies en een van die dames in die groep dui toe aan dat sy vriende is met die baas van ‘n plaas genaamd “Elohim” – en sy naam is Daniël.
God verbind
Net daar en dan besluit sy dat daar nie meer bevestiging kan wees van die Here en dat dit presies is wat sy moet doen! Sy moet vir Daniël skakel!
Gedurende die gesprekvoering met Daniël, vertel hy dat hy ‘n soortgelyke droom van kinders in nood op sy plaas gehad het en eintlik al vir hierdie oproep gewag het. Prys die Here!
Is dit nie wonderlik hoe die Here geduldig vir ons elkeen help en lei tot waar ons moet wees nie?
PS Elohim beteken God s’n